
Die Bobbejaan en oom Leeu
Oom leeu lê lekker onder die maroela-boom. Bo in die boom sit 'n verveelde bobbejaan. Hy pluk 'n maroela en GOOI leeu teen die kop.
Leeu kyk rond en toe op, en toe sien hy die bobbejaan.
'As jy my weer wakker maak......', waarsku leeu, en probeer weer bietjie slaap.
Nou raak die speletjie lekker vir die bobbejaan, en elke keer as leeu net so wil-wil wegraak, dan tref 'n maroela hom weer teen die kop.
Goed beduiweld, waarsku hy die bobbejaan om op te hou, maar die bobbejaan vee sy alie aan hom af.
Die maroelas raak al min in die boom en toe bobbejaan weereens dit waag om ver uit te reik na 'n maroela aan 'n dun takkie, verloor hy sy balans en neuk met 'n bedonnerde spoed uit die boom.
Hy beland amper op die leeu.
Leeu is onmiddellik by en gryp hom vas.
'Nou het ek jou, x#©%&©!!!
Jy kan kies, of ek byt jou kop af, of ek byt jou stert af.'
Bewend van vrees dink die bobbejaan lank en sê toe:
'Byt maar my kop af.'
Leeu sê: 'Is jy nou simpel, as ek jou kop afbyt is jy dood......'
'Ja', sê bobbejaan, 'maar as jy my stert afbyt lyk ek soos Robert Mogabe'
